Luna Paige by Daisy Jones

Sun Feb 25, 15:00 - Sun Feb 25, 20:00

The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

ABOUT

IN AANLOOP TOT DIE BEKENDSTELLING VAN LUNA PAIGE SE NUWE AFRIKAANSE ALBUM, BRING LUNA & MUSIKANTE 'STORIELIED' NA 12 JAAR WEER TOT LEWE



Op Sondag, 25 Februarie 2024, word musiekliefhebbers uitgenooi om 3nm by Daisy Jones te Summerhill Wynplaas aan te meld. Heerlike kosse word bedien, die kontantkroeg verseker lafenis in die hittige Stellenbosse somer, en die vertoning skop om 5nm af.


Luna se orkes bestaan uit:

Jonno Sweetman op tromme

Schalk Joubert op baskitaar

Willem Moller op kitaar

Nicole Holm op stem

Lara Kinnear op stem

Nathan Lewis op stem

Anjulie Nock op tjello

Jan-Hendrik Harley op altviool


Luisteraars kan ook uitsien na verdere orkestoevoegings op viool, trekklavier, trompet én perkussie (wat die unieke tabla insluit). Luna begelei haarself op elektroniese klavier en akoestiese kitaar. 


• Kaartjies kos R175 op Quicket en R200 by die deur. Maak seker jy koop nou al jou kaartjie.

• Deure maak 15:00 oop. Vertoning begin 17:00

• Vir tafel besprekings WhatsApp 0649682015 (Let asb dit is tafeldeling)


Skrywers wat haar werk geïnspireer het sluit die volgende skrywers in: Ingrid Winterbach, André P Brink, Elias P Nel, Dana Snyman, Jeanne Goosen, en meer. Een van Luna se liedere is selfs deur die geliefde ClemenGold mandaryn geïnspireer.


Nooi jou vriende en kom vier die Storielied Reunie saam met Luna Paige en ‘n formidabele groep musikante. 


Meer oor Luna:

Luna Paige het haar eerste Afrikaanse CD en DVD in 2012 bekendgestel. Storielied is ‘n versameling van liedere wat geïnspireer was deur die literatuur van bekende Afrikaanse kortverhaal- en romanskrywers. Die opname van die live CD en DVD was moontlik gemaak deur ClemenGold.


Na afloop van die bekendstelling van Luna se eerste Afrikaanse liedjies, het baie deure vir Luna oopgemaak, nie net by Afrikaanse kunstefeeste en taalgeoriënteerde aangeleenthede nie, maar ook in Nederland, waar Luna sedert 2013 optree. In 2024, 12 jaar na die bekendstelling van dié musiek, kom die Storielied-span weer op die verhoog bymekaar. Hier en daar is ‘n noodgedwonge verandering aan die orkessamestelling gemaak. Die orkeslede is almal meesters op hul gebied. Die musiek sal soos op die oorspronklike album opgevoer word. Gehoorlede kan ook uitsien na die opvoer van nuwe Afrikaanse liedere – spesifiek dié wat deur letterkunde geïnspireer is. Haar nuwe musiek sal in Aprilmaand bekendgestel word in CD-, plaat- en USB-formaat, sowel as op alle digitale platforms.


Gehoorlede kan vanaf 1 Februarie Luna se nuwe Afrikaanse album vooraf aanskaf en so bydra tot haar skarebefondsingsveldtog wat die maak van die album moontlik maak. Om meer hieroor uit te vind, besoek gerus Luna Paige se webwerf www.lunapaige.com.



DIRECTIONS

Luna Paige by Daisy Jones
The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch
33°52'57. 18°50'49, 6 8th Ave, Stellenbosch, 7615
Get Directions