Petronel Baard Sing Liedjies van die See

Sun Jul 5, 19:00 - Sun Jul 5, 20:00

Event is online

ABOUT

Die bekende sangeres Petronel Baard reis deur haar musiek van meer as 21 jaar en bied in die sielvolle vertoning liedjies van die see. Soos 'n ware sirene sal sy jou betower.


"Ek sien uit na hierdie besonderse vertoning, alles met stories en musiek oor en van my lewe by die see. Van my eerste album af, Lank al, is die tema deurlopend in my musiek en ek gebruik die geleentheid om ou en nuwe werk vir julle voor te sit in 'n spesiale virtuele vertoning. Opgeneem ten dele hier by my, langs die see," vertel Petronel.


Sy bly op Reebok aan die Suidweskaapse kus van Suid-Afrika. Liedies oor meerninne, verlore liefde, liefde gevind, die eindelose branders en die ongerepte skoonheid van die see wat sy net in haar musiek kan beskryf.


Lees meer oor Petronel by www.petronelbaard.com.