No under 16s

Rolex met 'n K - Die Speurderkomedie (Leftfoot Naweek Kunstefees @ Die Centurion Teater)

Sat May 25, 19:30 - Sat May 25, 21:00

Die Centurion Teater

ABOUT

ROLEX MET 'N K

met André Lotter en Ignatius van Heerden


'n Skreeusnaakse 'Whodunnit?' verhaal!


Speurder-sersant Wihan Byleveld ondersoek 'n buitengewone juweelrooftog.


Die horlosie wat gebuit is, is 'n Rolex, maar nie net nog 'n Rolex nie. Een van net 10 in die wêreld wat met 'n k gespel word en wat deur 'n berugte meestervervalser op eksklusiewe internetveilings verkoop word. Die speurder se ondersoek lei hom na Jean du Randt, die plaasseun met 'n geheim, Louis-Louise LeBonn, die pierewaaier-fopdosser, en Leksie Pieterse, die prentjiemooi en betowerende winkelassistent by die juwelier. Wie is die skuldige of is daar 'n ander vangplek? Hierdie is die een "whodunnit" wat jou gaan laat skater en aan die raai hou. Dit is een van daardie produksies wat jy nie moet misloop nie!


Met André Lotter & Ignatius van Heerden

Teks: Braam van der Vyver

Regisseur: Lihan Pretorius

Assistent-regisseur: Johan van der Merwe.

Ondersteun deur Naspers

DIRECTIONS

Rolex met 'n K - Die Speurderkomedie (Leftfoot Naweek Kunstefees @ Die Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions