LANDBOUWEEKBLAD – WEBINAAR – AARTAPPELPRODUKSIE – ALTERNARIA

Tue Aug 11, 14:00 - Tue Aug 18, 16:00

Event is online

ABOUT

WEBINAAR – AARTAPPELPRODUKSIE


Aanlyn kortkursus oor doeltreffende bestuur, produksiepraktyke, besproeiing en siektes.


Landbouweekblad, Aartappels Suid-Afrika, Syngenta en Real IPM bied die eerste aanlyn kortkursus oor aartappelproduksie aan. Prof. Jacquie van der Waals en prof. Martin Steyn gaan hul kennis deel in drie sessies van 90 minute elk. Die kursus is so ingerig dat enige produsent of bestuurder praktiese raad en wenke kan kry wat in die boerdery toegepas kan word en kan help met voorkomende praktyke, vroeë identifisering van siektes en die doeltreffende bestuur van verskeie produksiepraktyke. Daar is ook tyd vir vrae en interaksie met die aanbieders.


Elke kursusganger ontvang ook ’n digitale kurrikulum, geborg deur Real IPM, wat as ’n hulpmiddel in die landerye gebruik kan word om siektes te identifiseer en praktiese besluite te neem. Kursusgangers gaan ook ingesluit word in ’n studiegroep waarby die aanbieders deurlopend betrokke is.


INLIGTING

Datum: Dinsdag 11 Augustus 2020

Die webinaar sal vir 72 uur beskikbaar wees.

Tyd: 13:50 vir 14:00

Plek: Aanlyn op die platform Crowdcast.

Koste: R100

Besprekings: Koop kaartjies aanlyn op Quicket.

Navrae oor kaartjies: [email protected]

Navrae oor program: [email protected]


Borge: Syngenta; Real IPM

Vennote: Aartappels Suid-Afrika; Landbouweekblad


PROGRAM

In hierdie sessie sal prof. Jacquie van der Waals jou leer van Alternaria alternata, die oorsaak van malroes en Alternaria solani, die patogeen wat vroeë-oes veroorsaak. Dit kom gereeld voor wanneer aartappels plantstres ervaar of wanneer dit te geil groei. Prof. Jacquie sal bruikbare hulpmiddels en bestuurspraktyke uitlig oor hoe om die siektes te voorkom.

Prof. Martin Steyn gaan jou leer hoe om nat-, hitte- en droogtestres in jou aartappels te voorkom in sy kursus oor besproeiingsbeginsels.

Mnr. Francois van Deventer gaan meer lig werp op Phytophthora infestans, wat laatroes veroorsaak. Hierdie oomiseet, wat floreer in koel en klam omstandighede, kan groot skade aanrig. Francois sal praktiese hulpmiddels verskaf oor hoe om skade tot die minimum te beperk.