Family friendly

Hans steek die Rubicon oor

Thu Sep 22, 19:30 - Sun Sep 25, 16:00

Die Centurion Teater

ABOUT

Op 90 is Hans nog springlewendig. Sy kinders boender hom egter vanuit hul tuistes in die buiteland uit sy lekker huis in die Kaap in Huis Madeliefie in. Hans se vindingryke pogings om uit Huis Madeliefie te ontsnap, word deur sy kinders en 'n drakoniese matrone in die wiele gery. Maar Hans laat hom nie voorskryf nie, en sy rebelsheid het geen keer nie. Vinnig is daar groot konsternasie in die tehuis. Hans se vele, en soms verdagte, nuwe vriende sorg vir groot pret en heelwat moeilikheid. Van daggakoekies en 'n boeremafia tot ontkleedansers en protesaksies, word Huis Madeliefie en sy inwoners onderstebo gekeer. Hans se storie is 'n storie van ons tyd. Sy omstandighede is dié van vele ouer Suid-Afrikaners wie se kinders die land verlaat het. Hans manewales sal oud en jonk gehore laat skaterlag.

 

Eers was daar die topverkoper boek deur Rudi van Rensburg, toe die baie gewilde voorlesing daarvan op RSG deur Tobie Cronjé, binnekort ook 'n rolprent en nou 'n komiese toneelstuk oor oudword op eie terme. 


Toneel: Komedie / eenmanvertoning

Naam van produksie: Hans steek die Rubicon oor

Met Charlie Bouguenon

Teks: Rudi van Rensburg

Verwerking: Francois Toerien

Regie: Lizz Meiring

Tegniese Regie en Beligtingsontwerp: Jak J Brits

Vervaardiger: Leftfoot Theatre Productions


Ondersteun deur NATi (Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief)

In Samewerking met Innibos Kunstefees


DIRECTIONS

Hans steek die Rubicon oor
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions