FREE OPTIONS
Family friendly

Dinosourusse kan nie lees nie! (Kinderteater @ Die Centurion Teater)

Wed Mar 27, 10:00 - Wed Mar 27, 11:15

Die Centurion Teater

ABOUT

UITVERKOOP!


Emmie en haar vreemde Oupa Bas het ’n reuseprobleem! Wat maak ’n mens met ’n dinosourus in jou sitkamer? En hoe kry ’n mens daardie dinosourus weer terug by sy huis?


Dinosourusse kan nie lees nie is geskryf deur die bekende teatermaker en aktrise Ilne Fourie en word deur die ATKV aangebied in samewerking met Scenario Produksies. Met kleurvolle karakters en lekker loslitliedjies neem dié kinderteaterstuk jonk en oud op ’n verbeeldingsvlug.


Interaktief en kreatief, met ’n lessie daarby: Lees is baie belangrik en baie lekker!

DIRECTIONS

Dinosourusse kan nie lees nie! (Kinderteater @ Die Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions