FREE OPTIONS

Hoërskool Durbanville - KOSHUIS OPEDAG - 5 Maart 2024

Tue Mar 5, 17:00 - Tue Mar 5, 17:45

Hoërskool Durbanville Koshuis

ABOUT

Ons nooi alle voornemende Durbies en hul ouers om ons Koshuis te besoek tydens ons 2024 Opedag.


Koshuis besigtiging: 17:00 - 17:45


Hoërskool Durbanville beskik oor ‘n koshuis vir beide seuns en dogters. Ons koshuis is deel van ons trots en bied ‘n huislike atmosfeer vir ons leerders wat hul tuis laat voel. Ons personeel sluit onderwysers in en saam met die koshuis span, bied ons ‘n holistiese pakket vir elke leerder.

Die koshuis is loopafstand van die skool, dorp asook fiksheidsgimnasiums en die terrein bied ‘n groot tuin vir ontspanning wat braai fasiliteite insluit. Bo-op dit is daar uitstekende kombuis fasiliteite wat drie voedsame maaltye teen ‘n billike koste aan die inwoners bied.


Kom kyk waarom leerders van heinde en ver kom om die Durbie-leefstyl te ervaar.

DIRECTIONS

Hoërskool Durbanville - KOSHUIS OPEDAG - 5 Maart 2024
Hoërskool Durbanville Koshuis
Queen St, Durbanville, Cape Town, 7551
Get Directions