Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2023 – Somerset-Wes

Thu Mar 9, 08:00 - Thu Mar 9, 14:00

Lord Charles Hotel

ABOUT

Die krisis in die Oekraïne het vir die wêreld gewys hoe kwesbaar ons internasionale voedselstelsels is en hoe kospryse die hoogte in kan skiet as insette skaars raak.


Is dit moontlik om die natuur in te span om goedkoper en winsgewender te boer, en kan dit ’n bietjie van die stres van kapitaalintensiewe boerdery verlig? Benewens die impak op ’n boer se beursie, is die wêreldbevolking aan die groei en krap boere kop oor hoe om ons huidige landbou-opbrengste te verdubbel om in die behoeftes te voorsien.


By Landbouweekblad se herlewingslandboukonferensie neem ons hierdie en ander herlewingslandboukwessies onder die loep om jou te help om saam met die natuur te werk, want met gesonde grond kan ons tot in die verre toekoms boer.


Vanjaar kan boere kers opsteek by:


Prof. Samson Chimphango, dosent aan die Universiteit van Kaapstad, sal die potensiaal van inheemse peulplante vir gebruik in landbou in die Wes-Kaap bespreek. Hy gaan onder meer gesels oor die spesierykdom in die Wes-Kaap, hul vermoë om stikstof te bind en dus as dekgewas gebruik te word, en hul voedingswaarde as veevoer. Die moeilike en duur pad om wilde peulplante te veredel vir gebruik as landbougewasse sal ook onder die vergrootglas kom.


Gawie Steyn, ’n boer van Kanoneiland, oor permanente dekgewasse in ‘n organiese rosyntjieboerdery;


John Slabber, ’n boer van Moorreesburg, oor die voor- en nadele van geenbewerking met ‘n skyfplanter deur ‘n baie dik deklaag van medics; en


Piet Roux, ’n boer van Prieska. Hy gesels oor wat dit behels om (saam) met die natuur te boer en gebruik ’n Karooplaas as voorbeeld.

 

Plaaslike navorsing oor wintergraanstelsels en peulgewasse word bespreek deur:


Dr. Johann Strauss: ’n Navorsingsoorsig oor stelselstabiliteit en reënval. Bevindinge oor graanopbrengs, proteïen en bemesting.


Hanneke Augustyn (M-student, Universiteit Stellenbosch): Stikstofbinding deur sekere peulgewasse en die uitwerking op koring wat daarna geplant word.


Jaco Engelbrecht (wat pas ’n MSc-graad aan die Nelson Mandela Universiteit behaal het): Vergelyking van dekgewasse as weiding met medic- en hawerweiding.


’n Kaartjie kos R950. Bespreek vroeg en betaal net R800. Middagete ingesluit. Jy kry ook 12 maande se toegang tot Landbou.com ter waarde van R1 800 GRATIS wanneer jy ’n kaartjie koop.


Dié konferensie is ’n moet vir enige boer wat goedkoper, winsgewender en lekkerder wil boer.


Rig navrae aan [email protected].


Landbouweekblad se drie konferensies – Reitz, Ottosdal en Somerset-Wes – word aangebied in samewerking met die Riemland Studiegroep, die Ottosdal-geenbewerkingsklub, Soil Health Support Centre, ASSET Research en die Mielietrust.

DIRECTIONS

Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2023 – Somerset-Wes
Lord Charles Hotel
Broadway Blvd & Main Rd, Winston Estate, Cape Town, 7140
Get Directions