FREE OPTIONS
Family friendly

PAASFEES PALMSONDAG: STASIES VAN DIE KRUIS

Sun Apr 13, 17:00 - Sun Apr 13, 19:30

Communitas, Oosterlig

ABOUT

Die Gesinsbediening (Kompas Kids en Lighuis) hou op Sondag 13 April ‘n belewenis van sommige van die Kruisstasies as deel van ons Paasfeesreis. Dit is ook Palmsondag op hierdie dag.



Datum: 13 April

Tyd: 17:00 – 19:30

Plek: Communitas


Kom beleef die pad van Christus na die kruis op ‘n manier wat jou sintuie betrek en jou hart raak. Hierdie ervaring neem julle stap-vir-stap deur die laaste week van Jesus se lewe – ‘n geleentheid om as familie te bid, te reflekteer en die impak van Sy offer op ‘n diep, tasbare manier te ervaar.


Elke stasie bring ‘n nuwe element van Jesus se reis na vore – om te sien, te hoor, te voel wat Hy beleef het.


Maak hierdie Paasfees ‘n tyd van geloofsgroei en gesinsherinneringe.


Registreer asb sodat ons kan weet vir hoeveel mense ons moet voorberei. 


Met al die langnaweke en vakansiedae, sal dit ook die enigste Sondag in April wees wat daar KompasKids en Lighuis gaan wees, so maak dit ‘n diep geestelike belewenis vir die hele gesin.

DIRECTIONS

PAASFEES PALMSONDAG: STASIES VAN DIE KRUIS
Communitas, Oosterlig
469 Lea St, Waterkloof Glen, Pretoria, 0010
Get Directions