Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2023: Ottosdal

Thu Mar 16, 08:00 - Thu Mar 16, 17:00

Ottosdal Skougronde/Showgrounds

ABOUT

* See English below.


Die krisis in die Oekraïne het vir die wêreld gewys hoe kwesbaar ons internasionale voedselstelsels is en hoe kospryse die hoogte in kan skiet as insette skaars raak.


Is dit moontlik om die natuur in te span om goedkoper en winsgewender te boer, en kan dit ’n bietjie van die stres van kapitaalintensiewe boerdery verlig? Benewens die impak op ’n boer se beursie, is die wêreldbevolking aan die groei en krap boere kop oor hoe om ons huidige landbou-opbrengste te verdubbel om in die behoeftes te voorsien.


By Landbouweekblad se herlewingslandboukonferensie in Ottosdal neem ons hierdie en ander herlewingslandboukwessies onder die loep om jou te help om saam met die natuur te werk, want met gesonde grond kan ons aanhou boer tot in die verre toekoms.


Vanjaar gaan boere die geleentheid kry om kers op te steek by internasionale kenner Rick Clark, ’n vyfdegenerasieboer in die Warren-distrik in Indiana, Amerika.


Ons klop ook onder andere aan by boere Johann Zietsman en Cobus van Coller, wat elke dag herlewingslandboupraktyke suksesvol toepas. Kom gesels ook saam met prof. James Blignaut van ASSET Research oor hoe om die finansiële J-kurwe te oorleef.


Veldpunte saam met kenners en ’n boeregesprek maak van dié konferensie ’n moet.


Tydens die veldpunte gaan Koos en Christopher Voorendyk (Ottosdal), Casper en Jacque Botha (Potchefstroom) en Boeta en JP van der Merwe (Ottosdal) gesels oor suksesvolle pa-en-seunvennootskappe in herlewingslandbou. Konferensiegangers kan ook uitsien na ’n gesprek oor innoverende herlewingslandboupraktyke in die Noordwes, asook ’n demonstrasie van proewe en grondprofielgate.

 

’n Kaartjie kos net R750. Middagete ingesluit. Jy kry ook 12 maande se toegang tot Landbou.com ter waarde van R1 800 GRATIS wanneer jy ’n kaartjie koop. Braaipakke sal te koop aangebied word indien jy belang sou stel om ná die konferensie saam met organiseerders en konferensiegangers te braai.


Klik HIER vir die program.


Dié konferensies is ’n moet vir enige boer wat goedkoper, winsgewender en meer volhoubaar wil boer.


Rig navrae aan [email protected].


Landbouweekblad se drie konferensies – Reitz, Ottosdal en Somerset-Wes – word aangebied in samewerking met die Riemland Studiegroep, die Ottosdal-geenbewerkingsklub, Soil Health Support Centre, ASSET Research en die Mielietrust.


***


The crisis in Ukraine has shown the world how vulnerable our international food systems are and how food prices can skyrocket when inputs become scarce. Is it possible to harness nature to farm more cheaply and profitably, and can it alleviate some of the stress of capital-intensive farming?


Apart from the impact on a farmer's wallet, the world population is growing and farmers are scratching their heads about how to double our current agricultural yields to meet their needs.


At Landbouweekblad's regenerative agriculture conferences in Ottosdal, we examine these and other regenerative agriculture issues to help you work with nature because with healthy soil we can farm for many more years into the future.


This year, farmers at the Ottosdal conference will have the opportunity to get insight from the international farmer Rick Clark, a fifth-generation farmer in the Warren district in Indiana, America.


Here they will also meet farmers Johann Zietsman en Cobus van Coller who successfully applies regenerative agriculture practices every day. Prof James Blignaut of ASSET Research will discuss surviving the financial J curve.


Attendees can also look forward to farm trials, and join experts on walks in the veld.


Koos and Christopher Voorendyk (Ottosdal), Casper and Jacque Botha (Potchefstroom), and Boeta and JP van der Merwe (Ottosdal) will share their successful father-and-son journey with regenerative agriculture. Innovative regenerative agriculture practices in the North West as well as a demonstration of local research trials and a soil profile are also on the programme.


A ticket sells for only R750 (lunch included) and also includes a FREE 12-month subscription to Landbou.com worth R1 800.


There will be a "braai" after the conference. Braai packs will be sold.


Enquiries: [email protected]


Landbouweekblad's three conferences – Reitz, Ottosdal and Somerset West – are presented in collaboration with the Riemland Study Group, the Ottosdal no-till club, the Soil Health Support Centre, ASSET Research and the Maize Trust. 

DIRECTIONS

Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2023: Ottosdal
Ottosdal Skougronde/Showgrounds
Koster St, Ottosdal, 2610, South Africa
Get Directions