FREE OPTIONS

Erediens, 28 Februarie 2021

Sun Feb 28, 09:00 - Sun Feb 28, 10:00

FGK Ouditorium

ABOUT

FGK Covid-19 Maatreëls


Maskers moet opgesit word sodra die kerkperseel betree word en moet gedra word ten alle tye op die perseel.


Geen fisiese kontak mag gemaak word nie (bv. hande skud, druk, omhels of soen nie).


Sosiale afstand van ten minste 1.5 meter moet ten alle tye gehou word (voor, tydens en na die diens).


Daar moet op sosiale afstand merkers gewag word in ’n ry voordat die kerkgebou betree word.


Hande moet gesaniteer word voordat die kerkgebou betree word.


Elke bywoner se temperatuur moet gemeet word by die deur en moet minder as 38 grade selsius wees om toegang te verkry.


Elke bywoner se naam moet op ’n lys afgemerk word. (Slegs bywoners wat op die gastelys is sal toegelaat word - ’n maksimum van 50 persone).


Let wel dat niemand die diens kan bywoon wat in die afgelope 72 uur koors, keelseer, hoes, lyfseer of maagkwale gehad het nie of onlangs in kontak gekom het met iemand wat positief vir Covid-19 getoets het nie.


Neem asseblief ’n sitplek by ’n merker op die kerkbanke in die kerkgebou. Merkers dui aan waar daar gesit moet word asook hoeveel mense in ’n ry kan sit met ongeveer 1.5 meter spasie tussen in.


Ons versoek dat alle gesprekke buite die kerkgebou sal plaasvind met sosiale afstand van ten minste 1.5 meter.


Bywoners mag nie in groot groepe naby aan mekaar staan nie.


Badkamer geriewe sal voortdurend gesaniteer word. 


Dankie vir u samewerking om mede bywoners te beskerm.


Fontainebleau Gemeenskapskerk Span

DIRECTIONS

Erediens, 28 Februarie 2021
FGK Ouditorium
Corner of Fourth Ave and, Rabie St, Fontainebleau, Randburg, 2032
Get Directions