Family friendly

Felias en Pokkel met Jakkie Louw! (Kinderteater)

Thu Jun 16, 14:00 - Thu Jun 16, 15:30

Centurion Theatre

ABOUT

Felias en Pokkel is Jakkie Louw se splinternuwe poppkas konsert. Dit is eintlik ’n ’n “one man and eight puppets’ konsert.


Die storie handel oor twee veldmuise in boer Jakkie se huis. Felias is ’n slim, lang, maer muis met ’n brilletjie en Pokkel ’n kort, ronde, jong muis met ’n groen hoedjie op sy kop. Pokkel het baie vragies oor waar melk, koffie, plastiek en die suiker vandaan kom. Felias staan bont om te verduidelik en dan moet hulle ook nog die honger kat dophou! O ja, en daar is sowaar ’n pratende donkie ook!


Jakkie Louw het alle musiek en die storie geskryf met liedjies soos Die dae van die week en Moenie bang vir die kat wees nie.


Jakkie Louw doen die twee muise se stemme self. Hy het egter van sy bekende vriende gekry om die ander karakters te doen. Stemme deur Lizz Meiring(Patat die kat, Skaai die kraai, Tienie die TV vlieg) Hannes Brummer(Vrottie Kokkerotie, Chris Die Verkleurmannetjie en Laventel die Plaashaan) Richardt Van der Westehuizen(Eeeejonkie Donkie en Die Tandemuis). Jakkie het die hele produksie behartig en gebruik die opnames van die stemme van bogenoemde kunstenaars.


Snaaks, oorspronklik en uit die pen van Jakkie Louw. Die produksie sorg vir baie komedie en opwinding en is verseker lekker vir die ouers ook. Jaco Jacobs het die drie boeke ook geskryf wat te koop sal wees na die konsert.

DIRECTIONS

Felias en Pokkel met Jakkie Louw! (Kinderteater)
Centurion Theatre
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions