WEES 'n WAKKER MAMMA - Stellenbosch (1/11/19)

Fri Nov 1, 08:00 - Fri Nov 1, 13:30

De Meye

ABOUT

Het jy geweet dat ons van die eerste generasies is wat kinders groot maak in die digitale era? 

Voel jy ook somtyds oorweldig deur die verantwoordelikheid wat daarmee saam gaan en moedeloos wanneer dit kom by die hantering daarvan? 


Dan is jy in goeie geselskap. 

"WEES ‘n WAKKER MAMMA" is 'n werkswinkel vir mammas wat aangebied word deur Lizanne du Plessis en Rianette Leibowitz. Hierdie passievolle span deel hul kennis en ondervinding in kinder-ontwikkeling, ouerskap-kwessies en internet veiligheid.


Kom kuier saam by hierdie #wakkermamma oggend. Lizanne gaan jou help om jou kind beter te verstaan en vir jou die gereedskap gee om uitdagende gedrag te hanteer. Rianette gaan fokus op digitale gevare en hoe ouers veilig op die internet hoofweg kan reis


Die aanbieding, materiaal en heerlike versnapperinge is ingesluit.

Jy kry ook 'n kans om die gewilde ouerskappakket "Speel-speel word my kind so-o-o oulik en slim" te koop en jou spesifieke vrae met Lizanne en Rianette te bespreek.


Twee ouerskapmentors wat hulle kennis en ervaring deel op twee van Suid-Afrika se allermooiste dorpe - Worcester en Stellenbosch. 


Bring jou vriendinne en kom kuier saam! Dit gaan 'n opwindende oggend propvol inligting, inspirasie en energie wees. 

Moet dit nie misloop nie! Bespreek jou kaartjie nou!


#WAKKERMAMMAS

DIRECTIONS

WEES 'n WAKKER MAMMA - Stellenbosch (1/11/19)
De Meye
South Africa
Get Directions