SARIE Jy Is Genoeg: Kaapstad

Sat Feb 20, 07:30 - Sat Feb 20, 17:00

Cape Town International Convention Centre

ABOUT

Dít is SARIE se 2020-boodskap:

#JyIsGenoeg. Die wêreld waarin ons leef, wil ons dikwels laat glo ons is nie genoeg nie. Nie slim, slank of snaaks genoeg nie. Skaars fluks, fynsinnig of vlugvoetig genoeg.

Ons sê: Jy ís genoeg! Reeds genoeg. Nes jy is. Genoeg om ander te inspireer en deur ander geïnspireer te word.

- Michélle van Breda


Sonder uitsondering is dít die boodskap wat ons elke maand deur ‘n verskeidenheid van stories in SARIE oordra. Ook spesifiek in Augustus met Vrouemaand wanneer ons die kollig plaas op vroue, soos ek en jy, wat ons wêreld inkleur en verryk. In Februarie 2021 vier ons #JyIsGenoeg met twee besondere dae – een in Kaapstad en een in Gauteng. Iets waarna die SARIE-span al lank na uitsien.


Elk van die #JyIsGenoeg-dae sal soos ’n SARIE wees wat uit sy nate bars – interessant, relevant, stylvol, energiek, leersaam, vermaaklik. Dink kleur, kos en geur. Ook mode en mooi, en veral volhard, hoogvlieg en wen. Veral nou in ‘n tyd van onsekerheid en verandering.


Jy kan uitsien na praatjies deur van ons land se bekendste sprekers, meedoen aan gesprekke met kenners, visueel geïnspireer word, deur ander se stories gemotiveer word. Jy sal ook die SARIE-span ontmoet. Maar die beste van als, jy sal omring wees deur merkwaardige vroue, nes jy. As jy dit nie reeds dink nie, sal jy ná die dag vir seker weet: #JyIsGenoeg!


Hou SARIE en ons platforms op sosiale media dop vir die bekendmaking van ons sprekers, en nog meer!


KAAPSTAD

20 Februarie 2021

Registrasie vanaf 07:30 die oggend. Die program sal om 09:00 begin.

Voldag van inspirasie by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (CTICC)

Prys: R1 750

Dit sluit middagete, verversings en jou #JyIsGenoeg-geskenk in 


Gauteng, klik hier vir jou inspirasie-dag!

DIRECTIONS

SARIE Jy Is Genoeg: Kaapstad
Cape Town International Convention Centre
Convention Square, 1 Lower Long St, City Bowl, Cape Town, 8001
Get Directions