LANDBOUWEEKBLAD – WEBINAAR – AARTAPPELPRODUKSIE – RHIZOCTONIA

Tue Aug 25, 14:00 - Tue Aug 25, 16:00

Event is online

ABOUT

WEBINAAR – AARTAPPELPRODUKSIE


Aanlyn kortkursus oor doeltreffende bestuur, produksiepraktyke, besproeiing en siektes.


Landbouweekblad, Aartappels Suid-Afrika, Syngenta en Real IPM bied die eerste aanlyn kortkursus oor aartappelproduksie aan. Prof. Jacquie van der Waals en prof. Martin Steyn gaan hul kennis deel in drie sessies van 90 minute elk. Die kursus is so ingerig dat enige produsent of bestuurder praktiese raad en wenke kan kry wat in die boerdery toegepas kan word en kan help met voorkomende praktyke, vroeë identifisering van siektes en die doeltreffende bestuur van verskeie produksiepraktyke. Daar is ook tyd vir vrae en interaksie met die aanbieders.


Elke kursusganger ontvang ook ’n digitale kurrikulum, geborg deur Real IPM, wat as ’n hulpmiddel in die landerye gebruik kan word om siektes te identifiseer en praktiese besluite te neem. Kursusgangers gaan ook ingesluit word in ’n studiegroep waarby die aanbieders deurlopend betrokke is.


INLIGTING

Datum: Dinsdag 25 Augustus 2020

Die webinaar sal vir 72 uur beskikbaar wees.

Tyd: 13:50 vir 14:00

Plek: Aanlyn op die platform Crowdcast.

Koste: R100

Besprekings: Koop kaartjies aanlyn op Quicket.

Navrae oor kaartjies: [email protected]

Navrae oor program: [email protected]


Borge: Syngenta; Real IPM

Vennote: Aartappels Suid-Afrika; Landbouweekblad


PROGRAM

Omdat Rhizoctonia solani (swartskurf) taamlik doeltreffend met biologiese middels bestry kan word en die sukses van die middels afhanklik is van volgehoue goeie bestuur in die landerye, is die gereedskap wat prof. Jacquie van der Waals in hierdie kursus aanbied noodsaaklik. Besproeiingskedulering is ook ’n funksie van intensiewe bestuur en sluit dus aan by die bestuur van swartskurf. Prof. Martin Steyn sal raad gee oor skedulering, maar ook die skeduleringshulpbronne en tegnologie wat beskikbaar is, bespreek.