LANDBOUWEEKBLAD – WEBINAAR – AARTAPPELPRODUKSIE – POEIERSKURF

Tue Aug 18, 14:00 - Tue Aug 25, 16:00

Event is online

ABOUT

WEBINAAR – AARTAPPELPRODUKSIE


Aanlyn kortkursus oor doeltreffende bestuur, produksiepraktyke, besproeiing en siektes.


Landbouweekblad, Aartappels Suid-Afrika, Syngenta en Real IPM bied die eerste aanlyn kortkursus oor aartappelproduksie aan. Prof. Jacquie van der Waals en prof. Martin Steyn gaan hul kennis deel in drie sessies van 90 minute elk. Die kursus is so ingerig dat enige produsent of bestuurder praktiese raad en wenke kan kry wat in die boerdery toegepas kan word en kan help met voorkomende praktyke, vroeë identifisering van siektes en die doeltreffende bestuur van verskeie produksiepraktyke. Daar is ook tyd vir vrae en interaksie met die aanbieders.


Elke kursusganger ontvang ook ’n digitale kurrikulum, geborg deur Real IPM, wat as ’n hulpmiddel in die landerye gebruik kan word om siektes te identifiseer en praktiese besluite te neem. Kursusgangers gaan ook ingesluit word in ’n studiegroep waarby die aanbieders deurlopend betrokke is.


INLIGTING

Datum: Dinsdag 18 Augustus 2020

Die webinaar sal vir 72 uur beskikbaar wees.

Tyd: 13:50 vir 14:00

Plek: Aanlyn op die platform Crowdcast.

Koste: R100

Besprekings: Koop kaartjies aanlyn op Quicket.

Navrae oor kaartjies: [email protected]

Navrae oor program: [email protected]


Borge: Syngenta; Real IPM

Vennote: Aartappels Suid-Afrika; Landbouweekblad


PROGRAM

Poeierskurf is ’n voorkombare siekte wat talle boere baie geld kos. Prof. Jacquie van der Waals sal al die stadiums bespreek waarin die regte bestuursaksies produsente duisende rande kan bespaar as verliese weens die siekte beperk kan word. Poeierskurf kom dikwels weens oornat-toestande voor en daarom sal prof. Martin Steyn se kursus oor waterbestuur vir gesonde plante goed aansluit by die sessie oor die bestuur van poeierskurf.