VROUEFEES Ekspo 2017

Mon Sep 25, 11:00 - Mon Sep 25, 15:00

D' Aria Wynlandgoed

ABOUT

VROUEFEES - Ekspo
Waar vrouwees gevier word!

Die heel eerste VROUEFEES word gehou om vrouwees te vier. Vrouens van 18+ word genooi om hierdie byeenkoms by te woon en sal verseker met 'n warm hart en 'n vars ingesteldheid hier wegstap. Wat is nou lekkerder vir 'n vrou as om jou beste skoene aan te trek, jou lippies in te kleur en 'n skemerkelkie nader te trek, om saam met die "meisies" skoonheid te vier?

Die veelsydige program is propvol lesse in styl en skoonheid, asook uitstallings van die nuutste sosiale giere. Mishka Patel gaan 'n motiveringspraatjie lewer. En... as jy nog oortuiging nodig het ... die uber-aantreklike JP Robberts gaan die gasheer wees!

Die demonstrasies sal op 'n groot skerm vertoon word, sodat jy en jou vriendinne op niks sal uitmis nie, terwyl ons agtergrondmusiek vir die atmosfeer sal sorg.

-

KOSTES
R280.00 per persoon

Die eerste 150 vrouens wat opdaag kry:
• 'n Verwelkomingsdrankie
• Geskenkpakkies (ter waarde van R2500.00) met:
    - Grimering en gratis grimeringsessie van MUD Cosmetics
    - Alex & Marla-geskenkbewys
    - GHD-geskenkbewys (ter waarde van R500.00) en vele meer!

VIR ALMAL:
• Sushi om aan te peusel
• 'n Mediamuur met 'n professionele fotograaf
• Demonstrasies van:
    - Velsorg en Vullers (Botox)

    - Grimering
    - Styl
    - Kos
• Die geleentheid om een van klomp pryse op die dag te wen!

Bring jou beursie saam, want daar is kos en verversings te koop by die byeenkoms. Boonop trek iets dalk jou oog by 'n stalletjie of twee!


-

PROGRAM
11:00 - Deure open
11:15 - Verwelkoming - JP Robberts
11:20 - Bekendstelling - Maria van St. Mary's Home of Hope

11:25 - Interaktiewe styldemonstrasie - Maddy's Touch
11:55 - Pouse
12:15 - Kookkuns-demonstrasie
12:40 - Velsorg- en vullerdemonstrasie - Dr. Mariaan Kuhn
13:00 - Pouse
13:30 - Motiveringspraatjie - Mishka Patel
13:50 - Grimeringsdemonstrasie - MUD Cosmetics Marike Nel
15:00 - VROUEFEES sluit af
* Program is nie gefinaliseer nie.

-

STALLETJIES
 - MUD Cosmetics
 - Alex & Marla
 - Fitch & Leedes
 - Dr. Mariaan Kuhn Aesthetics
 - Jackie Teubes Mondhigiënis
 - SK Beauty
 - Nespresso
 - Yellow Jewellery
 - Wow Fab Clothing
 - NINA Lifestyle & Decor
 - Satya
 - Pure Romance
* Nog uitstallers sal later bekend gemaak word.

-

DIE DOEL
VROUEFEES ondersteun graag vir St. Mary's Home of Hope. Hierdie sorghuis neem mishandelde vrouens en kinders in wat moet onstnap van traumatiese omstandighede. Ons skenk 10% na hierdie doel en gaan elke vrou verras met 'n mooimaak- en bederf sessie na die Ekspo.
www.stmaryhomeofhope.org

RAAK BETROKKE
Skenk die volgende by die byeenkoms:
• Sanitêre produkte
• Selfsorg-produkte
• Tweedehandse klere vir vrouens en kinders (Netjiese toestand)
• Grimering
• Styl-bykomstighede
• Donasies ook welkom (Bankbesonderhede beskikbaar op aanvraag)

-

TYE
11:00 - 15:00

-

Facebook: Vrouefees - Ekspo
Instagram: @vrouefees

-

Sien julle daar!

DIRECTIONS

VROUEFEES Ekspo 2017
D' Aria Wynlandgoed
Bothasig, Cape Town, 7441, South Africa
Get Directions