Pres Reitz-kamerwonings 70-jarige Reünie

Fri Aug 31, 10:00 - Sun Sep 2, 12:00

Heimat

ABOUT

KLEREBESTELLINGS IS NOU GESLUIT VIR DIE WAT DIT BETYDS WOU Hê VIR REüNIE. JULLE KAN STEEDS BESTEL EN BETAAL-MAAR DAN GAAN JULLE KOERIERKOSTE MOET BETAAL. JULLE KAN STEEDS VIR BYWONING VAN DIE REüNIE BESPREEK EN BETAAL TOT 10 AUGUSTUS. AS JULLE REGTIG NIE DIE DINEE KAN BYWOON NIE > STUUR VIR MY E-POS DAT EK KAN VERDUIDELIK WAT OM TE DOEN > [email protected]
 
Beste Oud-Reitzman


Dis Reünie-jaar: Reitz 70 word deur die Nasionale Unie van Oud-Reitzmanne (NUOR-komitee) in samewerking met die huidige inwoners aangebied te Bloemfontein. Besonderhede verskyn aan regterkant van hierdie blad.

Kortliks: (Sien volledige program hier - http://www.presreitzheimat.co.za/program.html )

Die kaartjiepryse sluit die volgende in:
  • Vrydag 31 Augustus 2018
    • Rugby te Shimlapark
    • Spitbraai by koshuis
    • Pet
  • Saterdag 1 September 2018
  • Teekan en beskuit om 10:00
  • Dan die Langhuis tot 14:00
  • Om 18:00 word die Formele Funksie aangebied te Boet Troskie Saal. Benewens die driegang-buffet en kuier is daar ook lekker program met onder andere ‘n gaskunstenaar
  • Kerkdiens om 09:00
  • Sondag 2 September 2018
 
Daar is twee tipe kaartjies:
  • Enkel Reitzman
  • Reitzman plus metgesellin vir formeel
Daar is 50 tafels met sitplek vir 10 per tafel.

Hoe om kaartjie(s) aan te koop (Voor 15 Julie):

Sluit by ‘n jaagroep aan deur op groen knoppie te kliek. Tik jaartal of naam van reeds gestigte persoonlike groep in soekbalkie in en koop enige van die twee tipe kaartjies aangebied aan. Jaargroepe en/of persoonlike groepe sal by aangrensende tafels ingedeel word vir formeel. 
  • Bestaande groepe is ingedeel per eerstejaar vanaf 1947 tot 2017 of naam van persoonlike groepe waarby persone van verskillende jaargroep bymekaar wil sit, bv., Beukes van Zyl. Tik jaartal of naam van groep in.
  • Die hoeveelheid mense in die groep maak nie saak nie. As daar bv. 30 persone in groep is, sal hulle tafels langs mekaar of direk oorkant mekaar wees.
  • Betaling dien as bespreking

Moet asseblief nie na willekeur persoonlike groepe stig nie. Skakel eers vooraf met vriende en kyk of julle nie ten minste 'n tafel kan vol kan kry vir formeel nie.
  • Kyk ook eers of daar nie reeds ‘n groep bestaan waarby ingeskakel kan word nie.
  • Ek sal so gou moontlik na skep van nuwe groepe die name op webtuiste plaas.

Klerebestellings (Sluit 1 Augustus 2018):
  • Klere is van hoogstaande gehalte
  • Klere kan tydens kaartjie aankope gedoen word. Dit is egter nie noodsaaklik nie. Gaan net verby klere en click op "continue" en voltooi transaksie vir kaartjie.Dit word egter aanbeveel dat jy nou die klere koop om werk en aflewering te vergemaklik vir die leweransier.
  • Klere kan wel later aangekoop word (voor of op 1 Augustus 2018) deur op hierdie skakel te kliek: https://www.quicket.co.za/events/40592-pres-reitz-kamerwonings-70-jarige-renie/?preview=t#/merchandise
  • Persone wat nie die reünie gaan bywoon nie, maar wel klere wil bestel, moet op bogenoemde skakel kliek en as individu bestel voor of op 1 Augustus 2018.
  • Koerierkoste is nie ingesluit nie.
In alle gevalle word kaartjies en bewys van klerebestellings per e-pos uitgestuur.

Kontak my met enige navrae by [email protected]

Manne, laat weet julle jaargroepe en vriende en kom een en almal en geniet die geleentheid!
 

DIRECTIONS

Pres Reitz-kamerwonings 70-jarige Reünie
Heimat
48 Groenewoud St, Universitas, Bloemfontein, 9321, South Africa
Get Directions